
ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE
60km vanaf Britstown, rigting van Prieska.
Studente kommunikeer via telefoon met Johan waar hy al die stappe sal verduidelik. Johan sal n aansoekvorm aanstuur wat ingevul moet word en aan Johan terug gestuur word.
Daar sal 'n video call gereël word deur Johan. Na aanvaarding moet die deposito betaal word om plek te verseker. Verdere kommunikasie sal telefonies plaasvind.
Ja, enige iemand wat 'n liefde vir boerdery het is welkom.
Ja, studente kan en hul word toegelaat om dorp toe te ry met hul eie vervoer. Dit moet net eers gereël word met Johan/Stephanie. Geen studente mag net ry sonder dat ons daarvan weet nie.
Studente word in 2 groepe gedeel en na 2 verskillende besproeiingsplase net buite Prieska geneem. Daar sal Zilverstroom Boerdery elke dag met die studente werk in verskillende afdelings.
Johan sal 'n Whatsapp groep stig 'n maand voordat hul kursus begin. Daar word ekstra inligting deurgegee en 'n lys van items wat studente nog kan/moet saam bring vir die 4 maande.
Alkohol: Studente mag nie alkohol saam bring nie. Dit is verbode. Hulle is welkom om hul eie gaskoeldrank te bring.
Rook: Johan en Stephanie sal met die groep voor af gesels rakende vape/rook/hubbly en die reëls rondom dit.
Disrespek: Studente moet te alle tye respek toon teenoor die ander studente, opleiders en werkers op die plaas. Ons sal dadelik met student se ouers/voog in kontak tree as daar enige wangedrag is.