
​
Kies jou pad na ’n suksesvolle loopbaan – skryf vandag in en begin jou reis saam met
Maritzdam Opleiding!
Opsie 1 - Lang kursus
-
Teorie en Prakties: Die volle drie maande word op Maritzdam deurgebring, waar jy ’n kombinasie van teoretiese lesings en praktiese sessies ontvang.
-
Direkte Begeleiding: Johan Greyling deel sy praktiese kennis en ervaring direk met studente, wat jou voorberei vir werklike uitdagings in die landboubedryf.
-
Jy werk daagliks met toerusting, gewasse en vee op die plaas self, wat jou ’n diepgaande begrip van boerdery gee.
Opsionele Maand 4 – Gevorderde Praktiese Ervaring
-
Indien jy die kursus suksesvol voltooi en aan die kriteria voldoen, kry jy die geleentheid om ’n vierde maand prakties te werk.
-
Hierdie maand fokus op gevorderde toepassing van jou kennis en vaardighede in ’n werklike boerdery-omgewing.
-
Dit gee jou die kans om jou selfvertroue en onafhanklikheid in die landboubedryf verder te versterk.
1.
🌾 Kursusinhoud – Lang Kursus (3 maande)
-
Veehantering: Leer die basiese en gevorderde tegnieke om met verskillende diere te werk.
-
Veldbestuur: Ontwikkel vaardighede om weiding volhoubaar te bestuur en te benut.
-
Arbeidbestuur: Kry insig in effektiewe bestuur van plaaswerkers en spanorganisasie.
-
Kuddebestuur: Fokus op die beplanning en bestuur van kuddes vir optimale produksie.
-
Dieregesondheid: Leer hoe om siektes te voorkom, te identifiseer en te behandel.
-
Reproduksiekursus: Verstaan die beginsels van teel en reproduksie in die landbou.
-
Plaasinstandhouding: Praktiese opleiding in die onderhoud van infrastruktuur en toerusting.
-
Besproeiing: Leer die tegnieke en stelsels vir effektiewe waterbestuur.
-
Ongediertebeheer: Ontwikkel strategieë om plae en siektes te beheer.
-
Elektriese heinings: Praktiese kennis oor die oprigting en instandhouding van elektriese heinings.
​
2.
Toetse en assessering
- Jy skryf toetse oor die teorie wat jy leer, tydens jou tyd op Maritzdam, wat jou voorberei om met selfvertroue die landboubedryf te betree.
​
3.
Opsionele Maand 4 – Gevorderde Praktiese Ervaring Indien jy die kursus suksesvol voltooi en aan die kriteria voldoen, kry jy die kans om ’n vierde maand prakties te werk en jou vaardighede verder te verfyn in ’n werklike boerdery-omgewing.
4.
Persoonlike leiding deur Johan Greyling
- Direkte begeleiding en deel van praktiese kennis uit jare se ondervinding.
-Ondersteun en mentorskap
- Ons help jou groei, leer en selfvertroue bou.
5.
Sertifikate van Voltooiing
-
Elke student ontvang ’n sertifikaat wat bevestig dat jy die kursus suksesvol voltooi het.
-
Dit dien as ’n bewys van jou harde werk en nuwe vaardighede wat jy opgedoen het.
1.
Omvattende aanlyn teorie
(5 weke)
- Maklike verstaanbare lesse wat jou die nodige landboukennis gee.
​
Kursusinhoud:
-
Veehantering: Basiese beginsels van veilige en effektiewe werk met diere.
-
Dieregesondheid: Voorkoming, identifisering en basiese behandeling van siektes.
-
Ongediertebeheer: Strategieë om plae en siektes te bestuur en te beperk.
-
Plaasinstandhouding: Praktiese kennis oor die instandhouding van infrastruktuur en toerusting.
-
Besproeiing: Beginsels van waterbestuur en besproeiingstelsels vir volhoubare produksie.
2.
Praktiese opleiding op Maritzdam (4 weke)
- Hands-on ervaring waar jy daagliks betrokke is by plaasaktiwiteite.
​
Toetse en assessering
- Jy skryf toetse oor die teorie wat jy aanlyn geleer het, tydens jou tyd op Maritzdam.
​
3.
Praktiese blootstelling op 'n plaas van jou keuse
(1 maand)
- Fokus op jou belangstellingsveld binne lanbou.
​
Praktiese rekortboek
- Die boer waar jy jou praktiese maand voltooi, hou 'n registerboek by en voltooi dit as deel van Maritzdam Opleiding se amptelike rekord en evaluasie van jou vordering.
​
​
4.
Persoonlike leiding deur Johan Greyling
- Direkte begeleiding en deel van praktiese kennis uit jare se ondervinding.
-Ondersteun en mentorskap
- Ons help jou groei, leer en selfvertroue bou.
5.
Sertifikaat van voltooing
- Erkenning van jou harde werk en nuwe vaardighede.
AKKOMMODASIE & ETES
Op Maritzdam bied ons veilige verblyf en daaglikse etes word voorsien tydens jou praktiese opleiding op die plaas.
​
Elke student is verantwoordelik om hul eie leef area netjies te hou. Wedersydse respek is belangrik tussen studente. Geriewe van die jaghuis en eiendom moet met respek hanteer word. Enige eiendom wat beskadig word deur nalatigheid moet deur die student vervang word.​
- Studente se klere word een keer per week gewas.​
- Die storte werk met ‘n donkie en die studente maak beurte om die donkie te stook vir warm water.​
- Aan die begin van die kursus word studente in spanne verdeel, waarna onderskeie spanne verantwoordelik is vir sekere take.​
- Etes: 10:00 is ontbyt en sal daar ook geleentheid vir die studente gegee word om self ontbyt ook te maak (alles daarvoor word voorsien.)
19:00 - Aandetes word deur ons voorberei. Naweke kry studente wel kans om te braai of pot te maak. .
Studente is verantwoordelik om wel hul eie ‘snacks’, koeldrank of (enige ekstras) saam te bring.
​
Etes tydens eksterne praktiese maand: Neem kennis dat geen kos deur Maritzdam Opleiding voorsien word tydens jou maand op 'n plaas van jou keuse nie - reëlings moet self getref word vir etes.