
WELKOM BY
MARITZDAM OPLEIDING
Droom jy daarvan om 'n suksesvolle loopbaan in landbou te bou, maar weet nie waar om te begin nie?
Ons Kursus opsies by Maritzdam Opleiding:
Opsie 1 - Lang Kursus (3 maande)
-
Volledige fisiese teorie en praktiese opleiding op Maritzdam.
-
Ideaal vir studente wat ’n diepgaande, intensiewe ervaring wil hê.
-
Fokus op grondige kennis en vaardighede wat jou gereed maak vir die landboubedryf.
Opsie 2 - Kort Kursus (3 maande)
-
Maand 1: Aanlyn teorie – leer vanuit jou eie ruimte.
-
Maand 2: Praktiese opleiding op Maritzdam.
-
Maand 3: Praktiese ervaring op ’n plaas van jou keuse.
-
Perfek vir studente wat buigsaamheid en praktiese blootstelling in verskillende omgewings verkies.
Ons kursusse word aangebied deur Johan Greyling, stigter van Maritzdam Opleiding, wat sy praktiese ervaring en kennis direk met studente deel.


















